[ Click here to continue in English ]

Kliek op enige prentjie van 'n boek vir meer inligting.


Lees 'n informele bespreking van hierdie interessante boek. Voel welkom om self 'n boek te bespreek en dit hier te nomineer as toekomstige boek van die maand.


Plaas ons in jou "Boeke sirkel" vir gereëlde nuus oor gebeure by Kameeldoring Boeke.

-------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------

Hierdie insiggewende boek oor depressie en die pad wat die skrywer geloop het, is ons boek van die maand.



Waar het jy groot geword en het dit enige invloed op wat jy skryf?

Ek is gebore in Aranos, Namibie.  Ek was 10 jaar oud toe my pa die plaas verkoop en Upington, Noordkaap toe trek.  Na ek 10 jaar daar groot geword het, is ek getroud. Dit het invloet op wat ek skryf, ek het gedeeltes daarvan geskryf.


Wanneer het jy ernstig begin skryf?

So 2 jaar gelede.


Hoe het die skrywery jou lewe verander?

Drasties.  Ek het dinge anders begin insien, my ryper gemaak.


Wat beteken die lesers vir jou en jou skryfwerk?

Hul beteken asboluut my hele lewe vir my en ook is hul ‘n aansporing vir my skryfwerk.  Ek wil amper sê, ek doen dit vir hulle.


Wat doen jy vir ontspanning?

Brei, hekel, naaldwerk, bak en brou en tuinwerk.


Beskryf vir ons jou lessenaar of werkplek en wat alles daarop lê?

Op my lessenaar is ‘n potlood en papier vir aantekeninge.  As ek ‘n gedagte kry, moet ek dit dadelik neerskryf, sodat dit nie vergeet kan word nie.  Rekenaar en almanak is ook op my lessenaar.


Hoe verkies jy om jou skryfwerk te doen?

Netjies, maklik leesbaar en in eenvoudige taal.


Wat insipeer jou in jou skryfwerk? 

Om vir ander mense te kan help.

   
Waarmee is jy op die oomblik besig?

Met navorsing vir ‘n volgende boek.


Hoekom dink jy mense met depressie kan baat vind by jou boek?
 
Ek was ‘n depressielyer, wat ‘n siekte is, en dit is hoe ek genees is van die siekte.


Wat is die onderliggende boodskap aan jong mense wat emosioneel kwesbaar is?
 
Moenie dat seerkry jou ondergang beteken nie.  Jy kan bo uit kom.


Hoekom het jy besluit om jou boek DIE JAKKALS te noem?

Depressie bekruip jou nes ‘n jakkals jou bekruip.  Dis so slu soos ‘n jakkals.


Wanneer het jy die emosionele laagtepunt in jou lewe bereik?

Die oorgaan van laerskool na hoërskool.


Wie het die grootse verskil in jou lewe gemaak?

My man wat die Here vir my gegee het.


Wanneer kan ons weer iets uit jou pen verwag?

Binnekort.


Sukkel jy met depressie? As jy doen, sal jy weet hoe dit voel om al hoe dieper in die donker gat afgetrek te word. Jy sal weet hoe dit voel as die JAKKALS sy tande in jou inslaan!. Die boek het vir Luzia uit haar depressie gehaal en nou kan sy vir die eerste keer regtig die lewe geniet. Die boek kan ander depressielyers ook help om na Bo te kyk, die Lig te sien en uit die diep gat te klim.


----------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------

Ons is gelukkig om weer die maand 'n digbundel aan te bied as die bundel van die maand:


Bets het hierdie digbundel spesiaal vir jou saamgestel en is gebaseer op die vreugde sowel as die hartseer van mense soos ons. PADLANGS spreek tot in jou hart, jou siel. Hierin sal jy iets vind wat betrekking het op jou eie emosies. My keuse van gedigte wat ek vir jou gekies het, sal jou opnuut laat besef, jy worstel nie alleen nie, ons huil dieselfde trane en lag ook dieselfde lag.



--------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------






Picture of a Kindle Fire from Amazon.

-----------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------


Maak jou stem dik en kontak ons, ons wil graag belangstellendes beter leer ken. Enige vrae of voorstelle, maak nie saak nie, laat weet ons net. jaco@kameeldoringboeke.co.za


Stel jy belang in geskiedenis, veral Afrika se ou geskiedenis? Laat weet ons dan, en ons kan vir jou ons nuusbrief stuur. Dit sluit in nuus oor geskiedenis, boeke en gebeure wat interessant kan wees.

-----------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------



'n Amerikaanse meisie wat navorsing doen in Namibië, begin wonder waarom olifante partykeer stil staan met een voorvoet in die lug!



Wat het agter die Magaliesberge gebeur?


Hierdie is die ou stofomslag van die oorspronklike gedrukte boek. Kliek op dit hier bo en die skakel sal jou neem na die elektroniese weergawe met 'n nuwe voorblad. Die eerste gedeelte van die boek is op die oomblik nog baie goedkoop terwyl ons stadig maar seker die hoofstukke byvoeg. Binnekort gaan ons begin om 'n bietjie meer te vra wat sal help om van die kostes te dra.

Sommige hoofstukke soos die een oor die Hartbeespoortdam word gratis, maar apart gepubliseer om die oorspronklike boek bietjie te verkort en meer leesbaar te maak. Bertus de Beer was 'n boer langs die Krokodilrivier net 'n paar kilometer aan die onderkant van die Hartbeespoortdam. Daarom bied hy aan ons 'n unieke perspektief van die geskiedenis van die “Dam” en hoe afhanklik die boere was van die water uit hierdie dam.


Lees oor die besondere verhouding tussen 'n kleindogter en haar oupa. Martie Linde het 'n ongewone kinderlewe gehad en uiteindelik saam met haar oupa op 'n plaas in die Waterberge groot geword. Jare later word haar “normale lewe” in die stad onderbreek deur 'n onverwagse oproep van die plaas af. Een ding lei tot 'n ander en dan begin die jong man van die buurplaas iets wat so byna haar lewe kos. Nie eers in haar wildste drome sou sy kon raai wat in die volgende paar dae met haar gaan gebeur nie.

In die tweede deel van die boek, lig tannie Makkie die sluier oor kinders se lewe in die weeshuis. Een gelukkige weeskind se drome word waar en die diepgesetelde behoefte aan ouers en vertroeteling word bevredig. Hierdie is nog een van daardie menslike verhale geskryf deur iemand wat ons Boeremense ken en self by die lot van weeskindertjies betrokke was.

Die nuwe verbeterde weergawe van die boek sal binnekort beskikbaar wees in elektroniese boekwinkels of direk van Smashwords af.

Elektronies beskikbaar by die volgende boekwinkels:



Smashwords


Kobo


Barnes & Noble


Kindle


Apple

 
   
Tuisblad
Boeke te Koop
Kontak Besonderhede